Wat Gebeur

Connect Aand

 

Connect Aand

 

Het jy al connect met ander gelowiges in die Vredelust familie? Indien jy nuut is of al ‘n tydjie hier aanbid, maar nog nie voel dat jy lekker jou plek gevind het nie, is dit die ideale plek om te begin.

1 September, 18:30-20:00, in die Vredelust Anneks.

Dis ‘n lekker informele geleentheid waar jy van die personeel en ander mense in die gemeente kan ontmoet en meer uitvind  oor hoe dinge in Vredelust werk, inskakel  by ‘n kleingroep of aansluit as lidmaat.

Registrasie is noodsaaklik want ons wil graag vir jou ‘n lekker bord kos verskaf, so hoewel die geleentheid gratis is wil ons vra dat jy 'n inskrywingsvorm sal voltooi voor die tyd. Vir verdere navrae kontak info@churchadventure.co.za.

 

Retief Burger

 

Retief Burger

 

Die bekende aanbiddings-leier en gospelsanger Retief Burger is weer terug by Vredelust op Sondag 4 September om ons te bedien met sang en woord op tydens beide die oggenddienste. Dis altyd ‘n belewenis om die bekende Afrikaanse aanbiddings-liedere saam met hom te sing (waarvan hy baie self geskryf het). Nooi gerus iemand saam en kom maar vroeg.

Na die 10:00 diens gaan daar ook weer heerlike JUMBO Burgers te koop wees in die restaurant. Plaas jou bestelling vroegtydig by die Media Sentrum, 021 949 0096 (ext 202).

Donovan Coetzee

 

Donovan Coetzee

 

Donovan Coetzee is ‘n gerekende prediker en kerkleier wat gereeld op verhoë reg oor die wêreld verskyn en al die verhoog gedeel het met Brian Huston, Danny Guglielmucci en ‘n rits ander groot name. Ons is bevoorreg om hom by Vredelust te hê op Sondag 18 September by die 08:30 en 10:00 dienste.

Hy is ‘n ware inspirasie en deel waarhede uit die Skrif op ‘n praktiese en dikwels humoristiese wyse terwyl hy dit lewendig maak met voorbeelde uit sy ryk ondervinding in die kerk en kleurvolle lewe. Met sy diep passie vir Jesus en die kerk het hy ‘n aansteeklike geloof in dit wat God kan doen deur die lewens van gewone mense wat hulself tot God se beskikking stel. 

Smiley Hands