Uitreike Banner

Jesus het die mense van alle nasies lief.

 

 Jou lewe verander radikaal as jy dit in aksie sien.

Korttermyn uitreike na die omliggende lande in Suidelike Afrika gee jou

praktiese blootstelling aan Vredelust se visie en God se plan om gemeenskappe te verander.

 

Dis ‘n uitstekende manier om jou geloof te stretch, dis ‘n avontuur, dis awesome!

 

 

Mosambiek

 

Maputo - Ons partner in Mosambiek met Life Church Maputo. Die kerkleier is Inoque Chinde. Die primêre visie is om die bediening en leiers daar so te ondersteun dat hulle meer effektief die gemeenskap kan bereik en bedien. Aktiwiteite sluit in Universiteitsbediening, kinderbediening en bouprojekte. So kan ons oor die langer termyn meer lewens in Mosambiek sien verander.

Die volgendeuitreik word beplan vir 2-12 September 2016.

 

 

Namibie

 

Walvisbaai - Ons partner met SONLife Ministries in Walvisbaai. Die hoofdoel is om te help met jeugprogramme by skole vir minder bevoorregte kinders en om vir hulle lewensvaardighede te leer deur gesondheidsdienste, onderwys, sport, kidsgames en worship.

Die uitreike vind plaas in die Junie/Julie skoolvakansie en ons stuur normaalweg ‘n tiener- en volwasse span. Volgende uitreik - 2017.

 

 

Zambie

 

Vredelust is betrokke in die weste van Zambië in ‘n klein dorpie genaamd Mongu saam met Project Zam. Hulp word verleen waar nodig of soos wat die Here ons lei. Daar is baie onbereikte mense in die omgewing, wat lei tot goeie geleenthede om die evangelie te deel en om plaaslike gelowiges te help om geestelik te ontwikkel. Volgende uitreik - 2017.

 

 

Lesotho

 

Ons partner met Urban Edge gemeente van Durbanville. In Roma, Lesotho is ons betrokke by die universiteit en ondersteuning by die plaaslike gemeente. In Pulane is ons grootliks betrokke by die vrouebediening, herderskool, pastore, bouwerk en bedien van wesies by die plattelandse Orphan Centre. Volgende uitreik  - Oktober 2016.

 

 

Transkei

 

Studente en Tieners: In Transkei partner ons met Ruan en Suretha Cilliers in Zithulele. Ruan fasiliteer ‘n groep jongmense wat klaar gemaak het met skool en wat ‘n jaar van hul tyd wil gee om te dien. Hy help hulle met karaktervorming, dissipline en die vorming van hul toekomsdrome. Beide ons tieners en studente (verskillende uitreike) gaan om saam met hierdie jongmense tyd te spandeer en om vir Ruan hand by te sit. Op hierdie manier help ons om lewens en ‘n hele gemeenskap te verander. Volgende uitreik – Tieners: Oktober 2016.

 

 

Pieta Wolfaardt

Lesotho